Tuis

logotop.png

Tuis

Die eienaars, Christo en Melinda is in 1978 getroud en het saam ‘n nuwe lewe in Heidelberg begin. Die besigheid is in 1980 geopen, en hulle albei is steeds voltyds hier bedrywig. Christo het al die bouwerk met hulp gedoen en die meubels gemaak in die landelike styl waarvoor hulle albei baie lief is.

Vir die eerste jaar het Christo self al die juwele vervaardig, die besigheid het egter so vinnig uitgebrei dat hier tans twee voltydse goudsmede werksaam is. Christo was vir baie jare ‘n diamantslyper en doen daagliks nog diamantgraderings vir kliente.

Daar is twee dames wat daagliks juweelontwerp op die perseel doen, en ‘n dame wat stringwerk doen terwyl jy wag. Melinda doen al die aankope vir die besigheid. Die knus atmosfeer en informele plaasstyl word spesifiek ingedagte gehou met alle aankope. Daar is ‘n besige koffiewinkel en teetuin op die perseel. Die eienaars is baie toegewyd aan die Diamante en Goud en Plaashuiswinkel, asook die beroemde Nagmark wat hulle sedert Desember 1994 bedryf. Die Nagmark lok besoekers van heinde en verre.

Besigheidsure
Ons besigheidsure is:

  • Maandag tot Vrydag: 8vm – 5nm
  • Saterdae: 8vm – 1nm
  • Sondae: Gesluit

Funksies

  • Nagmark: Maandeliks – Sien die Nagmark bladsy
  • Rommelmark (Car Boot Sale): Elke Saterdag vanaf 8vm – 1nm.
    Slegs gebruikte items – Geen besprekingsfooie betaalbaar nie.

Let Wel
Ons sal gesluit wees op:

  • Suid-Afrikaanse Openbare Vakansiedae
  • Paasnaweek
  • Tussen 26ste Desember and 1ste Januarie