DIE NAGMARK
Die nagmark word reeds sedert 1991 suksesvol gehou. Daar is ongeveer 60 uitstallers en 1500 besoekers. Die Nagmark vind die eerste Vrydagaand van elke kwartaal plaas. Dus in Maart, Junie, September en Desember.
Gekeurde kunswerke word tydens die nagmark tentoongestel. Vir goedkeuring vir uitstalspasie kontak Lize by die Plaashuiswinkel.
Lekker Boerekos, hemelse Tuisgebak en Illy Cuppucino word ook op die nagmark bedien. Op die wintermarkte is daar 2 kampvure buite beskikbaar, en 3 kaggels in die besigheidspersele. Vermaak word verskaf deur musikante. Dit sluit fluit, viool, kitaar, trekklavier musiek en sang in.
|
|
|
Diamante en Goud en die Plaashuiswinkel is die hele dag oop met die nagmark, vanaf 8vm tot 10 nm. Ons markte is altyd op 'n Vrydag. Kom geniet 'n rustige kuier in ons teetuin.
Kom koop rustig voor die mark begin en al die spesiale items opgeraap word. Die winkel maak 8vm oop en die mark begin 'n aanvang neem vanaf 3nm en volstoom vanaf 6nm.
|
|
|
Om teleurstelling te voorkom, bespreek vooruit om oor te slaap in een van Heidelberg se luukse gastehuise, almal naby die winkel.
Brigg Fair - (016) 341 5801
Coeria Lodge - (016) 341 6441
De Rosenhof - (016) 341 3550
Dorps-Akker - (016) 341 2479
Forget-Me-Not - (016) 341 7400
Heidelberg Gastehuis - (016) 349 5387
Le Bonheur - (016) 349 1803
Suikerbosrand Gastehuis - (016) 341 7671
Ekdoktos Losieshuis - (016) 341 4021
Van Dykshuis - (016) 341 4474
Klipkraal Hiking Trail Overnight Facilities - 083 4125 272
Yesterday Today & Tomorrow Self Catering - 082 657 3338
Lezar Opstal - 083 657 3338 / 084 581 9905
Ancient Days Self Catering - 082 758 9108
|
|