TUISBLAD
Die eienaars, Christo en Melinda is in 1978 getroud en het saam 'n nuwe lewe in Heidelberg begin. Die besigheid is in 1980 geopen, en hulle albei is steeds voltyds hier bedrywig. Christo het al die bouwerk met hulp gedoen en die meubels gemaak in die landelike styl waarvoor hulle albei baie lief is.
Vir die eerste jaar het Christo self al die juwele vervaardig, die besigheid het egter so vinnig uitgebrei dat hier tans vier voltydse goudsmede werksaam is. Christo was vir baie jare 'n diamantslyper en doen daagliks nog diamantgraderings vir kliente.
|